"Ons kort nie 'n harnas nie"

20 February 2018  Read: 724

 

‘n Kontrakteur, aangestel deur die GTM, is vanoggend besig om bome te sny in Hospitaal Straat voor die kantore van Bulletin. Daar is geen afbakenings in die pad om motoriste te waarsku van die gewerkery nie en die massiewe stompe val reeds duike in die sypadjie van vroeg af.

Die werkers dra geen beskermingsdrag nie, nie eers handskoene of veiligheidstewels nie. Een man klouter 20 meter in die boom in sonder ‘n veiligheidsharnas, geen tou om sy lyf nie, geen handskoene of veiligheidsbrille nie, en wag vir die manne onder in die straat om sy kettingsaag nah om toe op te hys met tou.

Bulletin het die man in bevel van dié spannetjie genader vir kommentaar en wat hy vir ons vertel het was absoluut skokkend.

“Daai man, hy ken die werk van boom klim al baie lank. Hy kort nie ‘n harnas nie, ons doen die job nou al twintig jaar vir die munisipaliteit. Ons sny al die bome vir hulle,” vertel die man wat nie sy naam wou gee nie. “As die manier waarop ons werk jou seer maak, miskien jy moet iets doen.”


Ons het probeer om die segsman van die GTM, Neville Ndlala, aan die hande te kry, maar sy foon bly beset. In tussen word motoriste gemaan om nie Tweede laan te gebruik om by Hospitaal Straat uit te kom nie, maar eerder by Van Velden verby te ry.

Ons weet nie hoe lank die projek gaan duur nie, maar die onbekende bevelvoerder van die onveilige spannetjie het verduidelik dat hulle al drie die massiewe bome voor Park Slaghuis gaan afsny.

As die werk-etiket van die GTM se kontrakteurs aanskou word, is dit geen wonder waarom die elektrise-span so sukkel om die werk gedoen te kry nie. Dalk is die gerugte waar?

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first