Tzaneendam konstruksie nou in volle gang

15 August 2017  Read: 142

 

Konstruksie by die Tzaneen damwal gaan voort. Jacques Smuts was die naweek op die dam en het vir ons hierdie indrukwekkende foto van die nuutste verwikkelinge geneem. Die beplanning om die damwal te lig is in 2012 bekend gemaak. Na vier jaar se sloer het die konstruksie uiteindelik aan die begin van hierdie jaar begin. Die wal word hoër en breër gebou om water tekort te beveg en die opvangsgebied te vergroot. Daar is in Augustus in ‘n koerant hier in die dorp gesê dat geen plofstof gedurende die sloop fase van die projek gebruik sou word nie, maar dat eer-der van kraggereedskap gebruik sou word. Daar is in tussen al ‘n paar ontploffings afgeneem en daar word nog verder verwag. Nie te min, die projek gaan voort te midde van omgewings-belanghebbendes wat gereeld kommer uit spreek oor die seekoei-populasie wat nou uit hul natuurlike wyvelde gejaag word en sodoende ‘n gevaar word vir motoriste in die area.
— Jeff Jackson jeff@bulletin.us.com

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first