‘n Vers gee vir jou moeilikheid op ‘n skou!

10 August 2017  Read: 1052

 

Pieter Gerber se skouvers is soek. Dit nadat sy los geruk het Dinsdagmiddag op die Tzaneen skouterrein terwyl Gerber se span haar van die trok afgelaai het. “Jong ek sal vir jou sê, snaakse dinge gebeur op ‘n skou hoor,” het Gerber vandag aan Bulletin gesê. “Sy is soos ‘n engeltjie op die plaas en dan kom jy skou toe en sy gee jou net nagmerries.”

Die vers het los geruk en pad gevat in die rigting van Aquapark. Sy het sommer oor die oefenbof haar weg na vryheid gebaan en is sedertien nog soek. Gerber het vir Bulletin gesê dat hulle haar spore gekry het by The Manor langs die Deerparkpad en dit wil lyk asof hierdie skouvers nou iewers in daardie omgewing rondloop.

Gerber het die gemeenskap van Tzaneen gemaan om te help soek vir sy geliefde vers en het gesê dat daar ‘n prysgeld geoffer word vir enige inligting wat kan lei tot haar opsporing. “As ons ten minste net kan weet waar sy is sal dit al klaar baie help.”

Die vers het ‘n wit touhalter om haar nek en ‘n nommerplaaitjie in haar oor. Indien enige iemand inligting het kan julle asseblief vir Pieter Gerber skakel op 072-298-5467 of vir Joe Dreyer op 072-930-1462.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first