Sweepslag!

09 June 2017  Read: 1854

 

Die tradisie van sweepslaan is so eie aan die Suid-Afrikaner soos rugby, potjiekos en brandewyn. Die sweep is meer as net ‘n simbool in die boere kultuur. Plaaswerkers gebruik al eeue-lank die sweep om vee in die kraal in te jaag en selfs Hollywood het die sweep bekendheid laat verwerf deur die Indiana Jones flieks. Daar is tegniek daaraan verbonde en dis nie sommer enige ou wat die sweep se punt kan laat klap nie.

Wat nog te sê van twee swepe gelyktydig. By Hoërskool Merensky het so paar manne (en selfs nou ‘n dogter) sweepslaan as ‘n volwaardige sport begin beoefen, en dié het nou vlam gevat onder die leerlinge met almal wat nou betrokke wil raak. “Elke Plasie wat wil sweep slaan, moet sy eie sweep ook vleg,” het Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, verduidelik.

“Die sport het ontplof hier in Plasieland en voor elke Eerste-span rugby wedstryd slaan ons die swepe agter die pale om ons spelers aan te moedig. Ons leer die kinders hoe om hul swepe te vleg, en dan word daar geoefen om die verskillende tegnieke te bemeester.” Die sport is groot in die VSA en daar is selfs ‘n internasionale kompetisie wat jaarliks gehou word.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first